Verbrande lyke saak uitgestel
VEREENIGING. - Die saak waarin die Darren Maree as verdagte in die dubbele moordsaak van Isa en Willem Swart vandag in die streekhof verskyn het, is uitgestel na 21 September. Die staatsprokureur vir die verdediging is op verlof en die staatsaanklaer, Leani Hattingh het gevra dat die saak uitgestel word en bevestig dat Francois de Kock van die regshulpraad, dan die saak vir verdediging sal oorneem. Maree het net vinnig, met boeie aan die voete en kop onderstebo ingetsap, die saak is uitgestel en hy het weer kop onderstebo uitgestap. Hy staan tereg op twee aanklagte van moord. Landros Retha Willemse hanteer die saak. Intussen het die SAPD se watervleul die week na die moordwapen, wat vermoedelik 'n gereedskapstuk was, in die Kliprivier gesoek by Drie-Riviere gesoek. Die strome het egter die soektog benadeel en die wapen is nog nie gevind nie.
VEREENIGING. – Die saak waarin die Darren Maree as verdagte in die dubbele moordsaak van Isa en Willem Swart vandag in die streekhof verskyn het, is uitgestel na 21 September.
Die staatsprokureur vir die verdediging is op verlof en die staatsaanklaer, Leani Hattingh het gevra dat die saak uitgestel word en bevestig dat Francois de Kock van die regshulpraad, dan die saak vir verdediging sal oorneem. Maree het net vinnig, met boeie aan die voete en kop onderstebo ingetsap, die saak is uitgestel en hy het weer kop onderstebo uitgestap. Hy staan tereg op twee aanklagte van moord. Landros Retha Willemse hanteer die saak.
Intussen het die SAPD se watervleul die week na die moordwapen, wat vermoedelik ‘n gereedskapstuk was, in die Kliprivier gesoek by Drie-Riviere gesoek. Die strome het egter die soektog benadeel en die wapen is nog nie gevind nie.



