EntertainmentEventsLifestyleLocal news

Lente ‘Movie-reeks’ by AGS Emmanuel

Die AGS Emmanuel-gemeente in Duncanville nooi alle belangstellendes na ‘n reeks van vier spesiale boodskappe

 
VEREENIGING. – Die AGS Emmanuel-gemeente in Duncanville nooi alle belangstellendes na ‘n reeks van vier spesiale boodskappe, wat in die volgende weke aangebied gaan word.

Die boodskappe sal gebaseer wees op verskillende “movies” wat u lewe gaan aanraak en mense gaan leer hoe om die lewe elke dag voluit te leef.

Albie Jordaan van Dei Gratia Gemeente Centurion het op 10 September bedien en die gemeente se orkes saamgebring. Die tema was Happy Families. Dit was gebaseer op die rolprent The Nanny Diaries.

Op 17 September om 9:00 is die tema As die lewe taai is. Dit sal gebaseer wees op The Shack.

Op 24 September om 9:00 bring pastoor Dries van der Merwe van AGS Emmanuel ‘n boodskap oor Die Hart van ‘n wenner, gebaseer op die fliek Eddie the Eagle.

Danie Lodder van Dei Gratia Gemeente in Centurion bring op 1 Oktober om 9:00 ‘n boodskap met die tema Versoening begin by my. Dit is gebaseer op Invictus.

“Moenie hierdie reeks wat u lewensuitkyk sal verander en baie vrae sal antwoord, mis nie. Emmanuel Gemeente sal u met ope arms ontvang en tuis laat voel,” nooi die gemeente.

Die kerk is op die hoek van Bardia- en Poolestraat in Duncanville, Vereeniging. Nadere besonderhede is beskikbaar by die kerkkantoor by (016) 428 3166.

Albie Jordaan
Dries van der Merwe
Danie Lodder

 

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button