CommunityLifestyleLocal newsNews

Dié week in die nuus

Dié week se uitgawe van Vaalweekblad is nou by jou naaste straatverkoper of kafee beskikbaar Dit is soos altyd propvol nuus en 'n ware winskoop teen slegs R5-40. Koop Vaalweekblad en stel ons sodoende in staat om GRATIS daaglikse nuus op Vaalweekblad Facebook en www.vaalweekblad.com aan ons lesers te bied.

 

Retha Fitchat
* Chaos het Vrydagmiddag in Vanderbijlpark se sakesentrum geheers toe die publiek ‘n man wat hulle vir ‘n motordief aangesien het, oorrompel het.
* ‘n 73-jarige vrou word in ‘n veiligheidskompleks vermoor – vermoedelik deur ‘n tuinwerker.
* Besoedeling in die Vaaldriehoek se riviere is erger as ooit, sê SAVE.
* AfriForum vra Eskom om nie die Vaaldriehoek se elektrisiteit te onderbreek soos wat vanaf 3 Oktober beplan word nie.
* Oupa Herman Kruger van Vanderbijlpark vier sy 105de verjaardag!
* Is dit dalk tyd vir ‘n rooi Springboktrui, vra rubriekskrywer Johan de Lange.
* Del Arté-deelnemers het vanjaar weer geskitter by dié jaarlikse kunsfees. Hierdie week plaas ons foto’s van die modelafdeling.
* Help kies die Vaaldriehoek se oulikste kleingoed! Stem vir jou gunsteling, pos dit by President Hyper en jy kan ‘n lekker prys wen!
* Hier is NOG ‘n lekker wedstryd – stem vir jou gunstelinge in die Mr & Miss Vaal wedstryd!
* Wil jy maklik R1000 en ander opwindende pryse wen? Moet dan nie vergeet om Vaalweekblad se weeklikse blokraaisel in te vul en te pos nie.
Sport:
* Krieket: Gaan HS Driehoek vanjaar as die Vaaldriehoek se NoordVaal-wenner gekroon word?
* Kyk wie is die nuwe SA titelhouers van die paartjie-afdeling in die IFBB Nasionale Liggaamsboukampioenskappe.
* Die jong Vanderbijlparkse skut, Anita van der Merwe, skitter in Engeland.
* Twee krieketspanne van Laerskool Suikerbos behaal groot krieketwelslae.
* Die Stallions Skopboksklub se gloriedae gaan herleef!
* Onthou ook dat jy ‘n reis na Kaapstad kan wen om die Bokke en All Blacks in aksie te sien!

Dié berigte en veel meer in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button