News

Man verdrink in Vaaldam

'n Tragiese toneel het Dinsdag afgespeel toe 'n 28-jarige man van Sasolburg in die Vaaldam verdrink het

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die man was glo op ʼn kano besig om vis te vang, sowat 100 m van die damwal af, toe hy ingeval en onder die water verdwyn het.

Lambinon sê vriende van die man, wat glo langs die water gestaan en kyk het, het die nooddienste ontbied.

Hy sê die NSRI se lewensredders kon nie daarin slaag om die man onder die water op te spoor nie, en het die polisie se duikeenheid ontbied. Die man se liggaam is ná etlike probeerslae onder die water uitgehaal.

 

‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button