CommunityLocal newsNewsPhoto Galleries
Vyf in trompop-botsing beseer
Botsing vind plaas na voertuig uitswaai vir fietsryer

Vier insittendes van dié Toyota-bakkie is verlede Maandag beseer en deur ER24 na Mediclinic Vereeniging vervoer nadat hul voertuig op die roete vanaf Heidelberg na Vereeniging reg van voor deur ‘n rooi Mazda getref is. Die bestuurder van die Mazda is ook beseer en deur Gauteng EMS na die Vereeniging/Kopanong-hospitaal vervoer. Volgens die bestuurder van die Mazda het die botsing plaasgevind nadat hy vir ‘n fiets moes uitswaai, beheer oor sy voertuig verloor en oor die middelman tot voor die aankomende verkeer ingery het. Foto’s: Chris Smuts

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



