EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNews
AfriForum en kleinspan plant bome
Lede van AfriForum het vroeër die maand hul deel gedoen om kleingoed van Vanderbijlpark te wys hoe om bome te plant

Lede van AfriForum het vroeër die maand hul deel gedoen om kleingoed van Vanderbijlpark te wys hoe om bome te plant. Verskeie bome is as deel van vanjaar se nasionale Boomplantdag by Tjokkerland/Vesco Academy geplant. Buiten dat die kleinspan geleer het hoe om suksesvol in spanne saam te werk, was dit duidelik dat hulle én die volwassenes hope pret tussen die werk deur gehad het. Sodoende het hulle ook verseker dat kinders in die toekoms heerlike skaduwee gaan hê om speeltyd net nóg lekkerder te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



