NewsNewsSportSport

Trane rol toe Chanell by aandwedloop stap

VANDERBIJLPARK. - Nie net vroue nie maar ‘n hele paar mans was verlede Woensdagaand opsigtelik aangedaan toe Chanell Meijer (30) tydens ‘n aandwedloop uit haar rolstoel opstaan en die laaste 100 meter tot by die wenstreep voetjie-vir-voetjie, maar doelgerig stap.

VANDERBIJLPARK. – Nie net vroue nie maar ‘n hele paar mans was verlede Woensdagaand opsigtelik aangedaan toe Chanell Meijer (30) tydens ‘n aandwedloop uit haar rolstoel opstaan en die laaste 100 meter tot by die wenstreep voetjie-vir-voetjie, maar doelgerig stap. Chanell, ‘n talentvolle sportvrou, afrigter en onderwyseres van Sasolburg, het in Desember verlede jaar ernstige hoofbeserings in ‘n padongeluk in Vanderbijlpark opgedoen en was meer as drie maande in ‘n koma voordat sy in Maart haar bewussyn begin herwin het.

“Aanvanklik kon sy net met flitskaarte en ‘n iPad kommunikeer, maar sy het nou reeds sowat 60% van haar spraakvermoë herwin, sê haar ouers,” Pieter en Yvonne Meijer. “Daar lê nog ‘n lang herstelpad voor, maar Chanell se vordering die afgelope drie maande is reeds fenomenaal. Haar denke is in hierdie stadium nog vinniger as haar liggaam se reaksies.

Dit frustreer haar omdat die woord ‘geduld’ mos nie in haar woordeskat bestaan nie,” terg Pa Pieter goedig. Dit is duidelik dat Chanell ongelooflike wilskrag het en sy stel reeds stywe kort- en langtermyndoelwitte vir haar herstelproses op. Sy is uit die hospitaal ontslaan en terug by haar ouers in Vanderbijlpark maar besoek die Rita Henn rehabilitasiesentrum in Vereeniging steeds daagliks vir drie-uur oefensessies om haar beweeglikheid te bevorder.

Deelnemers aan Woensdagaand se wedloop het geweet Chanell sou dit bywoon, maar sy het dit as ‘n verrassing gehou dat sy self ‘n stukkie van die wedloop sou stap. Toe sy deur personeel van die Rita Henn-rehabilitasiesentrum uit die rolstoel gehelp is, was dit duidelik dat sy aanvanklik redelik bekommerd was – dit was die eerste keer dat sy so ‘n groot afstand in die openbaar op ongelyk terrein sou stap. Die inspanning en konsentrasie was duidelik op haar gesig te sien nadat sy uit die rolstoel gehelp is en voetjie-vir-voetjie begin stap het, maar haar spanning het gou in genot omgesit toe sy met redelike gemak begin loop.

Sy is uiteindelik met ‘n seëvierende glimlag en onder groot applous oor die wenstreep. Honderde deelnemers en toeskouers het met moeite die trane probeer wegsluk. Chanell en haar ouers bedank nogmaals die publiek, hul familie en vriende, die Mittal- en Midas-atletiekklubs, die wedlooporganiseerder, Malie van der Walt en haar helpers vir al die gewaardeerde ondersteuning wat die gesin die afgelope maande ontvang het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button