Voor die Anglo Boereoorlog was handel betreklik stadig weens die gebruik van ossewaens tussen die Greenlands-stasie en Parys. Mnr. J.K. Derry, voorsitter van die destydse stadsraad het dit egter sy werk gemaak om te pleit vir ’n treinstasie vir Parys wat toe wel in 1905 toegestaan is. Op 23 Desember 1905 is die spoorlyn geopen. Die stasiegebou soos dit vandag is, is geopen in 1930.
Prag kunswerke van plaaslike kunstenaars is die afgelope naweek gesien met ’n kunsuitstalling by die ou stasiegebou wat deur nagenoeg 500 mense oor die naweek bygewoon is. Naas die werke van plaaslike kunstenaars het gaskunstenaar, Wim Rautenbach, ook aan die uitstalling deelgeneem.
Sowat R40 000 se skilderye is verkoop met die duurste werk, dié van plaaslike skilder Hennie Kruger, wat vir R17 500 verkoop is. Die jaarlikse kunsuitstalling is ’n projek van die Parys Ontwikkelingsforum en is georganiseer deur Cornea Viljoen en Karin TerBlanche. Vir eregaste wat die openingsaand bygewoon het, was dit ’n besondere belewenis om hierdie prag gebou dié keer in ’n ander baadjie te kon aanskou met skilderwerke van stasietonele teen die mure wat spesiaal vir die geleentheid deur Karin TerBlanche en Wim Rautenbach (foto) gedoen is. Die gebruik van die stasiegebou is danksy Etienne Beukes vir die duur van die uitstalling beskikbaar gestel.