Local newsNewsNews

Dié week in die nuus

Dié week se uitgawe van Vaalweekblad is nou by jou naaste straatverkoper of kafee beskikbaar - 'n ware winskoop teen slegs R5-40.

Retha Fitchat
* Die R59-roete in die Meyerton-omgewing gaan vir die volgende week gesluit bly weens voortslepende onrus en nadat oproermakers ‘n sloot oor die pad gegrawe het. Vaalweekblad, soos duisende lesers en motoriste, wil weet waarom die polisie nie strenger optree nie.
* Werner Pfahl, die 13-jarige skoolseun van Laerskool Vaalrivier wat die afgelope weke teen ‘n nier-, hart- en longaandoening veg, se toestand het die afgelope week opnuut versleg nadat hy reeds goeie vordering begin maak het.
* DA politician Kingsol Chabalala, who survived three bulletshots in front of his Vanderbijlpark home, speaks to Vaalweekblad in an exclusive interview.
* Twee kollegas, Tienie Grobler en Hentie Shaw, sterf in ‘n botsing in Vanderbijlpark.
* Jonathan van Rensburg se mondigwording het in ‘n bloedbad geëindig toe hy by ‘n Sasolburgse kuierplek met ‘n mes gesteek is.
* Emfuleni het blykbaar stil-stil ‘n nuwe Munisipale bestuurder gekry, wat hopelik die chaos in dié munisipaliteit gaan omdraai.
* Kyk wie is die wenners in Cansa se Mr & Miss Cansa Vaal wedstryd!
* Hierdie week is daar weer baie pryse en R1000 kontant te wen in die weeklikse blokkiesraaiselkompetisie . Vaalweekblad kondig vandag ook verlede maand se wenners aan. Koop gerus ‘n Vaalweekblad en begin inskryf vir die nuwe maand se wedstryde!
* Kyk watter kleingoed se foto’s word hierdie week geplaas in die groot baba- en kleuterwedstryd. Stem vir die kleingoed, pos jou stembriefie by President Hyper – dalk wen jyself ook ‘n prys.
* Die Del Arté Eisteddfod het onlangs op ‘n hoë noot geëindig. Kyk op die fotoblad hoe sing verskeie kore en individuele kunstenaars uit hul harte uit.

SPORT:
* Goeie nuus vir hengel-geesdriftiges: Die Swartbaar-wêreldkampioenskappe word vanjaar in die Vaaldriehoek gehou.
* Vaal Atletiekklub, in samewerking met die Midvaal Munisipaliteit en Prestige Jeugsport het Sondag ‘n halfmarathon by Hoërskool Dr Malan aangebied. Lees meer hieroor op Vaalweekblad se agterblad.

Hierdie berigte en veel meer in vandag se uitgawe van Vaalweekblad!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button