Huis Meyerton beplan weer hul prettige jaarlikse Kieriefees vir 28 Oktober by die ouetehuis.
Almal is welkom om in die pret te kom deel. Boonop is dit vir ‘n goeie doel.
“Alles wat ons doen, doen ons immers om omstandighede meer wenslik en gerieflik vir ons geliefde inwoners te maak – ons oumas en oupas wat met grasie kom aftree het,” sê Brenda Spamers, bestuurder van dié bekende tehuis vir bejaardes.
Fondse sal aangewend word vir linne en beddegoed vir die versorgingseenheid asook om die voetpaadjies op die oord veilig te maak. Die tehuis benodig ook sonseile vir die tuin waar hul Alzheimer-inwoners bietjie tyd in die buitelug kan deurbring sonder om sonbrand op te doen.
Stalletjies by die Kieriefees kan bespreek word by: elanie.huism@gmail.com of tel nr. 016 362 0045
Besonderhede van vanjaar se Kieriefees:
Tyd: Saterdag 28 Oktober vanaf 10:00 tot laat
Plek: Shippard Straat 32, Meyerton
Toegang: Slegs R20 per volwasse, R5 per skoolgaande kind en kinders onder 10 jaar gratis.
Wat aangebied gaan word:
Lekker musiek deur ‘n plaaslike “band”
Stalletjies
Kuns & naaldwerk
Tuisgebak
Pannekoek
Kos
Kindervermaak
Teetuin
Sangers & die tehuis se eie koor



