News
Jong man sterf in ongeluk
'n Jong man is gister dood na die voertuig waarmee hy gery het, met 'n paal gebots het.
Nooddienspersoneel van ER24 in na die toneel op die R40 in Nelspruit, Mpumalanga, ontbied waar hulle die man ‘n paar meter weg van die voertuig gevind het.
Hulle het die man ondersoek en gevind dat hy ernstige beserings opgedoen het, en in ‘n kritieke toestand is. Hy is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling, maar met hul aankoms by die hospitaal het hy aan sy beserings beswyk.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



