Petrol-lek jaag inwoners op hol
Inwoners van Vereeniging was vandag op hol toe hulle nooddienspersoneel en brandweermanne by een van die mangate in Voortrekkerstraat sien werk het. Vaalweekblad het oproepe ontvang dat daar moontlik weer iemand verdrink het in ‘n mangat nadat ‘n professionele duiker vroeër vanjaar in ‘n mangat in Uniestraat omgekom het toe hy besig was met die …
Inwoners van Vereeniging was vandag op hol toe hulle nooddienspersoneel en brandweermanne by een van die mangate in Voortrekkerstraat sien werk het. Vaalweekblad het oproepe ontvang dat daar moontlik weer iemand verdrink het in ‘n mangat nadat ‘n professionele duiker vroeër vanjaar in ‘n mangat in Uniestraat omgekom het toe hy besig was met die herstelwerk van die rioolpype.
Vandag is daar egter ondersoek ingestel na wat vermoed word ‘n perol-lek is. Die skerp reuk van petrol is sedert gister onvermydelik, veral in Unie- en Voorstrekkerstraat. Volgens mnr. Stanley Gaba, woordvoerder van die Emfuleni Plaaslike Munisiplaiteit is hulle besig met ondersoek om sodoende die gevare van ‘n moontlike petrol-lek te kniehalter.
Inwoners en motoriste word gevra om nie naby die stormwaterkanale of die mangate te rook nie, want dit kan noodlottige inhou.



