NewsNews

Ondersteun die Santa Cause for Paws in Vaal

VANDERBIJLPARK. - Die Santa Cause for Paws- projek is ‘n awesome projek waar mense vir die vergete weggooi-diere in nood by welsynsorganisasies soos die DBV en Purrpaws for Life ‘n beter Kersfees kan bied.

Dié wonderlike projek bestaan reeds sedert 2013 en het veral aan die Rand groot verandering meegebring. Vanjaar word dit vir die eerste keer in die Vaal geloods en as diereliefhebbers saamstaan, kan dit ook hier ‘n groot verskil maak.
Die projek is daarop gemik om vir elke hond of kat sy eie geskenkboksie op te maak, of dan net ‘n geldelike bydrae te maak om die organisasies met hulle massiewe uitgawes te help om die hawelose diere te versorg.
Belangstellendes en diereliefhebbers kan www.santapaws.co.za besoek vir al die inligting.
Daarop is al die begunstigdes, aflaaipunte, hoogtepunte van die projek en meer.
Die boksies kan van 21 Oktober tot 1 Desember by die betrokke punte afgelaai word.
In die Vaal is die begunstigde organisasies Purrpaws for Life en die Vanderbijlpark/Vereeniging Dierebeskermingsvereniging (DBV)
Albei dié organisasies doen onbaatsugtige werk en verdien voorwaar die gemeenskap se ondersteuning.
Aflaaipunte vir die Vaal is by:
*Catbox Pet Hyper, The Palms Shopping Centre, Vanderbijlpark
*Vaal Dierekliniek, Carterstraat, Vanderbijlpark
*Drie Riviere Dierekliniek, Vereeniging
*Animaland veearts, Vaalpark
*Sasolburg Veearts, Sasolburg
Daar is wel ‘n vereiste vir wat in elke boksie moet wees:
*Kos item (droë kos of blikkies)
*Treat (koekies, ens)
*Ietsie warm (komberse/truitjies)
*Speelding (bal, muis vir katte ens.)
*Iets bruikbaar (waterbak, halsband, leiband, katsand, vlooipoeier ens.)
*Opsioneel, iets vir die werkers by die organisasies om ook te wys hulle harde werk en opoffering word waardeer.

* Catbox in Vanderbijlpark en Vaal Dierekliniek in Carterstraat, Vanderbijlpark verkoop hierdie jaar reeds opgemaakte geskenkboksies wat daar gekoop en net daar gelos kan word met besonderhede. Die boksies sal dan namens die goedhartiges in veilige bewaring gehou word tot die dag wat dit dan by die betrokke organisasies afgelaai word net voor Kersfees.
* Vir navrae SMS of WhatsApp na 084 597 1759

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button