
Inwoner van Vanderbijlpark skryf:
Ek bly al 27 jaar in die dorp. Hoekom kan die verantwoordelike mense nie vir ons straat ‘n naambord opsit nie? Lombardstraat – dis aan die linkerkant van die hoek as ‘n mens van De Beerstraat af kom. Al die ander strate het naamborde. By wie moet ek kla? Mense wat van De Beerstraat af kom, soek na die straat. Dis seker nie sulke groot werk nie?
Asseblief, ‘n naambord vir Lombardstraat in SE2, u samewerking sal waardeer word!


