Die week in die nuus – 25 Oktober 2017
Dié week se uitgawe van Vaalweekblad is nou by jou naaste straatverkoper of kafee beskikbaar - 'n ware winskoop teen slegs R5-40

Retha Fitchat
* Die hoewegemeenskap van die De Deur-omgewing is geskok na ‘n bloedige aanval op twee mans van in hul 60’s, wat ure lank deur rowers gemartel is.
* ‘n Gewilde leerling van Laerskool Vaalrivier, Werner Pfahl, wat twee maande gelede deur ‘n virus platgetrek is en later in ‘n koma verval het, sterf kort na sy 14de verjaardag.
* Die hofsaak van Dr. Whitney Mentor, wat ‘n operasie behartig het waarin Franzel van den Bergh (17) in 2014 gesterf het, word volgende jaar hervat. Franzel was ‘n leerling van Hoërskool Transvalia.
* The DA’s leader in the Free State promises to bring Metsimaholo’s municipal billing crisis to an end.
* Die VF+ vra Vaaldriehoekse stadsrade om sonkrag te oorweeg bo konvensionele elektrisiteitverskaffing.
* Die gemeenskap en sakelui verskaf water aan bejaarde inwoners van Mimi Fouriehof nadat hulle nou reeds sowat 3 weke sonder lopende water is.
* Flora Gardens shows its iron fist agains criminals.
* Baby & Toddler Competition: Time runs out fast to vote for your little ones! Use the voting form in this week’s edition for an additional vote!
* Neem deel aan Vaalweekblad se blokkiesraaisel en wen R1000 of ander pretpryse.
SPORT:
Langasems skitter by Nite2Lite.
Die Nashua-sokkerfees lewer kookwater-sokker op
Alec McIntyre, ‘n jong krieketspeler van Laerskool Suikerbos, steel die kollig toe hy die vinnigste 50-tal in die SPL T20 Blast-reeks ewenaar.



