CommunityLocal newsNewsNews

‘Ek sal aanhou soek na inligting oor Pappa se moord!’

Dogter pleit dat mense wat weet wat presies daardie aand gebeur het, na vore moet kom

 

Miekie Jacobs van die Vaaldriehoek skryf:

Hallo almal
Ek weet julle het die post nou al 2 of 3 keer gesien maar ek gaan nie ophou tot die persoon wat my pa doodgeslaan het, in die tronk sit nie.
Ek verstaan nie hoe die mense wat teenwoordig was nie net kan praat nie.
Hoe weerhou jy die waarheid oor ‘n moord?
Ek vra weer dat julle asseblief die post sal share met ‘n hart vol hoop dat dié wat daar was, sal praat.
Dit was by Infinity Kroeg in Vanderbijlpark die aand van die 6de April.
Ek sal nie ophou soek nie, Pappa! Ons mis jou elke dag!
Mense, share, share, share asseblief!!

* Vaalweekblad van 12 April 2017 het berig oor die dood van mnr. Robert Jacobs (47), ‘n mielieboer van Oranjeville, wat gesterf het toe hy in ‘n kroeg in Vanderbijlpark geslaan is terwyl hy en sy seun ‘n biertjie gaan drink het. Enigiemand met meer inligting kan Vaalweekblad se misdaadverslaggewer of redakteur gedurende kantoor-ure skakel by 016 950 7000. Alle inligting sal uiters vertroulik hanteer word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button