CommunityLocal newsNewsSchools

Rippies spog breëbors met dié driestuks

Die Laerskool Republiek is sommer baie trots op hierdie presteerders

 
MEYERTON. – Chantenique Breytenbach, Vianey Spamers en Chanté Dismore van die Laerskool Republiek, is onlangs op verskillende terreine deur die ATKV vir uitsonderlike prestasies erken.

Volgens die Laerskool Republiek, is Rippies sommer baie trots deel van die drie “opkomende kultuurgeeste”.

Chantenique is al van voorskoolse ouderdom af ‘n model op die loopplank. Sy is vroeër vanjaar as lid van Talent Africa se span genooi om in die VSA te gaan deelneem. Daarbenewens presteer Chantenique in die afdelings Gedramatiseerde Poësie/Poetry en Modelwerk: Informeel (dogters van 10 tot 12 jaar). Beslis ‘n gesiggie wat nog baie gesien sal word.

Vianey Spamers, hoofdogter van Rippies, het presteer deur as afdelingswenner in die skryfkompetisie uit die stryd te tree en is as algehele wenner vir drama 2017 aangewys. In die kategorie Drama het Vianey erkenning vir Dialoog (graad 5 tot 7) en Poetry (graad 7) verwerf.

Chanté Dismore is nóg ‘n Rippie met uithaler-kultuurtalent. Tydens die ATKV-toekenningsplegtigheid is Chanté erken vir Dialoog (graad 5 tot 7) en Redenaars (graad 6 en 7). “Praat is in haar bloed – wel, sinvolle praat!” skerts Laerskool Republiek se skoolhoof, mnr. Heiné Muller.

“Aan hierdie drie kultuurdogters, die skool en gemeenskap se wense tot nog groter sukses en ervaring,” sê mnr. Muller.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button