LifestyleLocal newsNews

ATKV en Koppisol reik uit na Sedibeng-kinderhuis

Enige navrae oor die ATKV se Vereenigingtak kan gerig word aan Frik Roets by 082 977 1128

 
VEREENIGING. – Die ATKV (Vereenigingtak) en Koppisol-vakansieoord het die naweek van 22 tot 25 September hande gevat vir ‘n grootse poging om ‘n fondsinsameling te hou, asook skenkings van voedsel en klere vir die Sedibeng-kinderhuis te bekom.

Die Sedibeng-kinderhuis is ‘n instansie waar kinders wat dringend in ‘n plek van veiligheid geplaas moet word, tydelik gehuisves word totdat ‘n vaste heenkome beskikbaar is.

“Ons bedank graag elke donateur wat by die insamelingsprojekte betrokke was. Dankie dat julle jul harte oopgemaak het en met liefde bydraes gemaak het, wat ‘n verskil maak in die kinders se behoeftes,” sê die organiseerders.

Spesiale dank gaan aan die borge Vaal Toyota Sasolburg, Star Nissan Vereeniging, Lindsy Saker Vereeniging, Sun Seekers Alberton en Koppisol-woonwapark. Die ATKV se Vereenigingtak kon uit die naweek se donasies ook ‘n stewige bedrag oorbetaal aan die Sedibeng-kinderhuis.

Die ATKV het terselfdertyd van die naweek by Koppisol gebruik gemaak om Erfenisdag te vier, waartydens boeresport by die swembad vir die kinders aangebied is.

* Instansies wat met hulpverlening by die Sedibeng-kinderhuis betrokke wil raak of donasies wil maak, kan Elrina by (016) 428-5916 skakel. Enige navrae oor die ATKV kan gerig word aan Frik Roets by 082 977 1128.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button