NewsNews

Nuwe brandstofprys gaan jou skok

Indien jy reeds jou planne vir Desember gemaak het, moet jy dalk maar 'n ekstra paar rand eenkant sit vir die brandstofuitgawes wat jy dalk nie in berekening gebring het nie.

Volgens die Automobiel Assosiasie (AA) was die rand op sy laagste vlak teenoor die Amerikaanse doller in ‘n jaar. Daar was ook skerp stygings in die internasionale oliepryse.

Die AA verwag dat petrol met 74c per liter gaan styg en diesel met 63c. Paraffien kan tot 75c per liter duurder wees.

Die AA sê die prentjie kan egter voor die einde van die maand vererger en die tekens dat Suid-Afrika dalk voor Desember verdere afgraderings in die gesig staar kan nie geïgnoreer word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button