CommunityLocal newsNewsNews

VF+ gee jongste nuus oor waterkrisis in Emfuleni

Mev. Gerda Senekal, Vryheidsfront-raadslid in die Emfuleni Plaaslike Raad, gee dié nuus oor die waterkrisis

 

Volgens Raadslid Gerda Senekal skuld die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) in totaal tans R477 miljoen aan RandWater. Die huidige bedrag wat Emfuleni maandeliks moet afbetaal, is R80 miljoen. Op Vrydag 17 November het Emfuleni R22 miljoen aan RandWater betaal. Dus moet Emfuleni nog die uitstaande R58 miljoen van die huidige rekening voor 30 November betaal.

“RandWater het Emfuleni se waterdruk tot 40% verlaag, wat baie min is. Reservoirs in CW4 is dolleeg. RandWater wil die versekering hê dat ELM die uitstaande bedrag sal kan betaal alvorens die druk weer tot 60% verhoog sal word,” sê Raadslid Senekal.

Areas wat geen water het nie is:

Alle CW- en NW-areas, Sebokeng, Sharpeville, Palm Springs, Golden Gardens, Bophelong, Boipatong, Stephanopark-hoewes asook Rosashof.

Die gebiede lê hoog en juis hieroor word hulle die ergste geaffekteer, sê raadslid Senekal. Sy en die CW-gebied se buurtwagte het die afgelope naweek water aan baie mense besorg en selfs haar eie boorgat beskikbaar gestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button