CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Wheels at the Vaal Vintage & Steam Festival

VANDERBIJLPARK. - Trek by voorbaat rooi kringe om 4, 5 en 6 September op jou kalender want hier wag ‘n fees wat jy nie mag misloop nie: Vanjaar se Wheels at the Vaal Vintage & Steam Festival!

VANDERBIJLPARK. – Trek by voorbaat rooi kringe om 4, 5 en 6 September op jou kalender want hier wag ‘n fees wat jy nie mag misloop nie: Vanjaar se Wheels at the Vaal Vintage & Steam Festival!

Belangstellendes van oor die hele land gaan weer hul klassieke en vintage voertuie en stoomenjins uitstal en kom deel in die gemoedelikheid.

Die gewilde Wheels-fees is die afgelope jare by die Vaalkampus van die Noordwes-Universiteit aangebied, maar vanjaar verskuif dit na die Sylviavale Heritage Museum digby Ocumed-oogkliniek in Vanderbijlpark. Dié terrein is baie geskik omdat permanente geriewe hier beskikbaar is. Dag- en aandfunksies soos lewendige optredes deur kunstenaars en verhoogitems sal ook aangebied word. Anders as vorige jare begin dit vanjaar reeds op die Vrydag. ‘n Volle en interessante program word vir die hele naweek beplan. Dit sal aanloklike nuwe items insluit, wat nie by vorige terreine moontlik was nie.

Daar gaan meer as genoeg kos en drank wees wat besoekers onder skaduryke bome by tafeltjies kan geniet, of waaraan hulle kan smul terwyl hulle die interessante voertuie bekyk of unieke winskopies uitsoek by die talle stalletjies.

Vir die gerief van besoekers is al die stalletjies goed geplaas en maklik bereikbaar. Uitstallers kan dus seker wees van die maksimum aantal “voete”.

Daar gaan heerlike tuisgebak wees, biltong, droëwors, gedroogde vrugte en neute, plaasprodukte, motortoebehore, juweliersware, kosmetiese produkte, handgemaakte seep en geurige parfuum, handgemaakte groetekaartjies, handgeverfde keramiek, handsakke, houtwerk, opvoedkundige speelgoed, sekuriteitstelsels, gietyster- en glaswerk, plante, struike en potplante en vele meer. Dis ‘n ideale geleentheid om vroeë Kersgeskenke te kom koop, spaar dus jou geld en kom snuffel rond tussen die talle winskopies!

Daar is nog ‘n klompie stalletjies beskikbaar. Uitstallers wat interessante produkte wil bemark en graag deel van dié fees wil wees, kan Siggi Düvel skakel by 082 492 5214 of e-pos heidi@heritagemuseum.co.za

Vanjaar gaan ‘n gelisensieerde 1976 Chev Nomad uitgeloot word. Kaartjies is nou reeds te koop. Maak seker dat jy joune kry en staan ‘n kans om dié beauty te wen! Skakel Siggi ook vir meer inligting hieroor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button