News

Dit kan ‘n baie droë Desember wees in die Vaal as dié deurgevoer word

Met die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se skuld aan Rand Water wat net meer en meer word is dié munispaliteit ook benoem as een van die top 30 munisipaliteite wat versuim om hul skuld te vereffen en kan water moontlik teen volgende week afgesny word.

30 van die 186 munisipaliteite wat geld skuld vir water wat reeds voorsien en gebruik is, se water kan afgesny word as hul skuld nie teen 8 Desember betaal is nie.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit skuld Rand water ‘n allimintige R431.7 miljoen.

Volgens Minister Nomvula Mokonyane het die Waterwet die departement toegelaat om die vloei van water te beperk of af te sny as munisipaliteite versuim om die skuld te betaal. Sy sê dié 30 munisipaliteite het tot 8 Desember om die uitstaande skuld te betaal. Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit moet egter ‘n bedrag van sowat R270 miljoen betaal voor 8 Desember.

Volgens Mokonyane is die doel hiervan nie om die eindgebruiker te straf nie, maar om strenger maatreëls toe te pas op munisipaliteite wat versuim om hul skuld te betaal.

Inwoners voel al reeds die tekort aan water na Rand Water op 12 November die watertoevoer na die gebied na ‘n 60% beperking verhoog het waar dit aanvanklik eers 40% was.

Hierdie 60% waterbeperking het gelei tot ‘n aantal wydverspreide watertekorte, met die hoogliggende gebiede wat erger geraak word. Onder die betrokke gebiede was ‘n skole, klinieke en die Sebokeng-hospitaal.

Die Departement Water en Sanitasie, saam met Rand Water het egter ‘n evaluering gedoen en help openbare instansies wat dringend water nodig het.

Op 18 November is Sebokeng-hospitaal voorsien van watertenks deur Rand Water en vier klinieke is ook voorsien van water om te verseker dat kritiese gesondheidsdienste en funksies nie negatief geraak word nie. Die Jojo tenks, insluitende 4 x 5 000 liter, 2 x 10 000 liter en nog 2 x 10 000 liter is op 20 November 2017 afgelewer.

Minister Nomvula Mokonyane het gister bekend gemaak dat die munisipaliteite die departement R10,7 biljoen skuld vir water wat aan hulle voorsien is waarvan R3,9 biljoen aan die Waterhandelsentiteite verskuldig is en R6,8 biljoen aan verskeie waterrade.

Die ander munisipaliteite wat onder dié 30 val:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button