News
Lyk sonder lippe en oë gevind
Die liggaam van 'n man is op 24 November in die Angelo informele nedersetting buite Boksburg gevind. Die polisie was egter erg geskok om te sien dat die die man se oë en lippe verwyder is.

Die polisie het ongeveer 18:00 op die lyk afgekom en vermoed dat die man moontlik ‘n paar uur voor hulle hom gevind het, vermoor is.
Hy het ook wonde aan die agterkant van sy kop en elmboog gehad.
Daar word verder vermoed dat die moord op die man deel van ‘n ritueel was wat uitgevoer is.
Die polisie ondersoek die voorval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



