EntertainmentEventsLifestyleLocal newsNews

Geloftefees 2017 in die Vaal: Kom kamp en kuier lekker saam!

Lees al die inligting hier - en kyk na die mooi video

Retha Fitchat
MIDVAAL. – Inwoners met ‘n liefde vir tradisie en die natuur word hartlik uitgenooi om vanjaar tydens die jaarlikse Geloftefeesvieringe gratis te kom kampeer in die Suikerbosrand-feesterrein in die pragtige Heidelberg-omgewing.

Volgens mnr. Freddie Peters, ‘n bekende in politieke en kulturele kringe, vind die fees vanjaar van Maandag 11 Desember tot Saterdag 16 Desember plaas.

“Almal wat by die Geloftefeesvieringe betrokke wil wees, is welkom om vanjaar weer gratis te kom kampeer. Bring net jou eie kos, tent of woonwa. Daar is water, was- en toiletgeriewe,” sê hy.

Die gerestoureerde kanon op die terrein, wat sowat 50 hektaar groot is, sal vanjaar weer in aksie wees. Woensdag 13 Desember gaan daar boeremusiek gemaak word om die kampvuur, met ‘n vleisie op die kole.

Saterdag, 16 Desember om 09:30 begin die diens met die ou kanon se knal, gevolg deur ‘n kort toespraak deur dr. Engelbrecht en preek deur dr. Kleynhans.

Soos gewoonlik gaan daar na die diens gratis gemmerbier en iets te koop wees om die honger te stil.

Almal wat belangstel om gratis te kom uitkamp, is welkom om reëlings met die voorsitter van die Suikerbosrand Geloftefeeskomitee, mnr. Jorrie Jordaan, by 083 941 0286 te tref.

Meer besonderhede oor die fees is ook beskikbaar by L. Kriel by 084 511 4759.

Kyk na die Geloftefees-organiseerders se video hier:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button