NewsNews

Geen borg vir bok-verkragter

VEREENIGING. - Kop onderstebo het die man, wat op aanklag van bestialiteit (seksuele omgang met ’n dier), in die Vereeniging landdroshof verskyn het, gesit toe sy aansoek om borgtog van die hand gewys is.

VEREENIGING. – Kop onderstebo het die man, wat op aanklag van bestialiteit (seksuele omgang met ’n dier), in die Vereeniging landdroshof verskyn het, gesit toe sy aansoek om borgtog van die hand gewys is.

Die beskuldigde staan tereg op ‘n aanklag van bestialiteit. Hy het op 2 Julie in die Vereeniging landdroshof verskyn waartydens sy aansoek om borgtog geweier is.  Foto: Moleboheng Chaha
Die beskuldigde staan tereg op ‘n aanklag van bestialiteit. Hy het op 2 Julie in die Vereeniging landdroshof verskyn waartydens sy aansoek om borgtog geweier is. Foto: Moleboheng Chaha

Die beskuldigde (sy naam mag nie bekendgemaak word voordat hy gepleit het nie), is op heterdaad deur inwoners van Sharpeville betrap toe hy op 19 Junie ’n boerbok-ooi gemartel en verkrag het. Dié daad het die gemeenskap so boos gehad dat hulle sommer reg in eie hande geneem het en hom aangerand het voordat hulle die polisie en Dierebeskermingsvereniging (DBV) ontbied het.

Hy het op 2 Julie aan die hof gesê dat hy in die hospitaal wakker geword het, waarna hy ingelig is hy is aangerand, maar ontken dat hy enigsins ’n bok gemartel en verkrag het. Hy het ook gesê hy het geen regsverteenwoordiging nodig nie.

Landdros Leon Ferreira het sy borgaansoek geweier omdat hy besorgd is oor sy veiligheid en vrees dat hy weer aangerand sal word.

Lede en ondersteuners van die DBV het hul misnoeë oor hierdie onmenslike daad uitgespreek, deur plakkate en baniere voor die hof op te sit en bewusmaking te skep oor bestialiteit en wreedheid teenoor diere. Ilana Gericke, voorsitter van die Vereeniging/ Meyerton DBV sê hulle is dankbaar vir die ondersteuning wat hulle van die publiek kry met die saak en hulle is verlig dat die beskuldigde nie op borgtog vrygelaat is nie. Hy is steeds in aanhouding totdat hy weer op 29 Julie in die Vereeniging landdroshof moet verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button