NewsNews

Lugmaghelikopter val by Hugenote tonnel – sewe oorleef

NASIONALE NUUS!!! PAARL. - 'n Oryx helikopter met sewe bemanningslede aan boord het Sondag ongeveer 14:00 reg voor die Hugenote tonnel op die N1 neergestort. ER24 het verslag gedoen dat ten minste een van die sewe bemanning ernstig beseer is en na die hospitaal geneem is vir behandeling. Die ander bemanning is nie ernstig beseer nie. Die vlieënier, medevlieënier, vlugingeneur en 4 tegniese beamptes was in die omgewing om ondersteuning te gee aan 'n opleidingspan in die Touwsrivier omgewing. 22 Eskader opereer vanaf die Lugmagbasis by Ysterplaat in Kaapstad. Die pad was vir 'n geruime tyd ontwrig en verkeer is herlei. 'n Ondersoek word gedoen na die oorsaak van die ongeluk.

NASIONALE NUUS!!!

PAARL. – ‘n Oryx helikopter met sewe bemanningslede aan boord het Sondag 10 Desember ongeveer 14:00 naby die Hugenote tonnel op die N1 neergestort.

ER24 het verslag gedoen dat ten minste een van die sewe bemanning ernstig beseer is en na die hospitaal geneem is vir behandeling. Die ander bemanning is nie ernstig beseer nie. Die vlieënier, medevlieënier, vlugingeneur en 4 tegniese beamptes was in die omgewing om ondersteuning te gee aan ‘n opleidingspan in die Touwsrivier omgewing. 22 Eskader opereer vanaf die Lugmagbasis by Ysterplaat in Kaapstad.

Die pad was vir ‘n geruime tyd ontwrig en verkeer is herlei. ‘n Ondersoek word gedoen na die oorsaak van die ongeluk.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button