NewsNews

Motorfietsryer dood na ongeluk in Meyerton

MEYERTON. - 'n 38-jarige man is vanmiddag dood na die motorfiets waarmee hy gery het met n 'front end loader' gebots het.

Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel in Morrisstraat was die ‘front end loader’ en motorfiets in die middel van die pad.

Die bestuurder van die motorfiets het ‘n entjie weg gelê.

Hy is op die toneel behandel en in ‘n kritieke toestand hospitaal toe geneem, maar het ‘n rukkie later aan sy beserings beswyk.

Die bestuurder van die ‘front end loader’ het nie beserings opgedoen nie.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button