
Die polisie het net voor 05:00 inligting ontvang van die liggaam wat op die Hobiestrand in Summerstrand lê.
Met die polisie se aankoms by die toneel is die 17-jarige seun met ‘n steekwond in sy bors aangetref.
Nege ure later is drie tieners van Arcadia in Bethelsdorp in hegtenis geneem en ‘n vierde verdagte, ook van Arcadia, is deur sy ma na die polisiestasie gebring.
Die verdagtes is almal tussen 16 en 18 jaar oud. Hulle word tans aangehou en ondervra.
Hulle sal binnekort op aanklag van moord in die hof verskyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



