News

Ses mense dood in ongeluk

Ses mense, insluitend twee kinders is gister dood tydens 'n ongeluk op die M2, net voor die Geldenhyus-wisselaar in Germiston.

Germiston-sentraal brandweer se reddingspan is omstreeks 20:45 na die toneel ontbied.

‘n Taxi met 19 insittendes het teen die metaalversperring op die snelweg vasgery.

Een persoon is as gevolg van die impak uit die voertuig geslinger.

Ses persone, insluitend die bestuurder en twee kinders is op die toneel dood verklaar. Twee ander het kritieke beserings opgedoen en nege ander is ernstig beseer.

Die beseerdes is na verskeie hospitale vir verdere mediese sorg geneem.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button