Local newsNewsBreaking News

Hele straat se Smart Meters gesteel

Inwoners kyk toe hoe plunderaars teen pale opklim en Smart Meters steel

Vaalweekblad verneem dat ‘n groep van sowat 30 swartmans gister (Saterdag 23 Desember) al die mense in Clarendonstraat, Vereeniging, se “Smart Meters” gesteel het. ‘n Inwoner van die straat laat weet: “Hulle het met ‘n leer teen die pale opgeklim en dit afgekap dat dit met ‘n slag op die grond val. Hulle het ook sommer die Smart Meters gevat. Hulle sê hulle soek nie die Chinese K## in ons land nie. Hulle plunder sovêr hulle gaan.”

Was jy een van die slagoffers? Lewer asseblief kommentaar in die Facebook Comments onder hierdie berig. Geen rassistiese uitsprake nie asseblief. Ons probeer net uitvind wat die omvang van die probleem is. Die DA-raadslid in die gebied het laat weet dat dringende aandag aan die saak gegee word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button