AmusingEntertainmentLifestyleLocal newsNews
Katjie van die baan!
Fietsry saam met kleinnooi Dolla is kiets Gizzie se gunsteling sport

Wanneer Dolla Ludick van Sasolburg gaan fietsry, het sy gewoonlik ‘n metgesel wat die uitstappie net soveel soos sy geniet. Dit is haar kat, Gizzie, wat reeds van kleins af op Dolla se skouer sit en heelpad saamry, sonder om af te spring. Ook wanneer Dolla saam met haar ouma gaan stap, sit Gizzie heel tevrede op haar kleinnooi se skouer. Dalk verbeel dié kietsie haar sy is ‘n papegaai!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



