LifestyleLocal newsNews
Daar’s water in die Vaal!
Na 'n relatief droë Oktober en November het die Vaaldriehoek in die eerste week van Desember behoorlike sommerreën begin kry, soos wat weerkenners voorspel het
Volgens Weather24 is daar vandag en more min tekens van reën in die Johannesburg/Vaaldriehoek-gebied, maar ons kan wel Saterdag bewolkte weer en lekker buie in die middag verwag.
Sonnige, warm weer word vir Oujaarsdag (Sondag) en Nuwejaarsdag (Maandag) voorspel. Dit sal volgens voorspelling effens bewolk wees, maar ons kan meer son as wolke verwag. Dit klink dus of ons Vaaldriehoekers ons kan regmaak vir ‘n sonnige, heerlike Nuwejaarsfees in ons streek. Hou koue drinkgoed byderhand!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



