News

2-jarige se privaatdele met skêr afgesny

'n Tweejarige seuntjie van George sterk goed aan na hy 'n operasie ondergaan het om sy privaatdele te heg, na dit na bewering deur sy ma se lewensmaat met 'n skêr afgesny is.

Die voorval het op 21 Desember in die woonbuurt Rosemoor gebeur. Die man (33) is intussen in hegtenis geneem en staar ‘n aanklag van poging tot moord in die gesig.

Die ma van die seuntjie het blykbaar geslaap toe dit gebeur het en eers wakker geword toe die seuntjie begin skree het. Sy het met die bebloede kind uit haar woonplek gehardloop en gesê haar lewensmaat het die seuntjie se privaatdele met ‘n skêr afgesny.

Die seuntjie is in die George-hospitaal opgeneem en oorgeplaas na die Rooi Kruis-hospitaal in Kaapstad waar hy ‘n operasie ondergaan het om sy privaatdele wat slegs aan ‘n stukkie vel gehang het, te heg. Sy toestand was kritiek weens bloedverlies.

Die tweejarige sal nog ‘n geruime tyd in die hospitaal wees. Hy is stabiel en word gemonitor.

 

Bron: Netwerk24

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button