News

Twee dood, twee beseer in ongeluk

'n Man en vrou is dood en twee ander beseer toe die motor waarin hulle gereis het in Westonarea gerol het.

Met paramedici van ER24 se aankoms by die toneel Hillshaven, Westonarea, net na 17:00 gistermiddag, het hulle die motor etlike meters weg van die pad, in die veld aangetref.

Volgens Werner Vermaak, woordvoerder vir ER24, het die voertuig ‘n paar keer gerol en al die insittendes is uit die voertuig geslinger.

‘n Man en vrou is dood op die toneel aangetref, terwyl twee ander mans beseer is.

Die voorval word ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button