News

27 Bokke lewendig verbrand

Die Limpopo-polisie het 'n soektog van stapel gestuur na verdagtes wat 27 bokke lewend in 'n kraal verbrand het. 

Die voorval het tussen Sondagaand en Maandagoggend in die Ga-Mashishi nedersetting buite Polokwane plaasgevind.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder vir die polisie het die gesin wakker geword van angswekkende geluide wat die diere gemaak het. Toe hulle buite kom was die kraal aan die brand.

Die brand het die bokke tot as verbrand en ook ‘n kraglyn beskadig.

Die motief vir die voorval is onbekend.

Die kraal waarin die bokke was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button