
Die verkeersafdeling beplan nie om paaie geheel en al te sluit nie, maar die die linkerkantse baan van Langrandweg sal wel gesluit wees gedurende die optog.
Die optog sal om 09:00 begin waar lede van die ANC en Cosatu vanaf die Washington Post na die skool sal beweeg om ‘n memorandum te oorhandig.
Cosatu het 300 beamptes wat sal help om die verkeer te reguleer.
Hoewel die verkeersafdeling nie enige probleme verwag nie, word inwoners aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik tussen 09:00 en 12:00
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



