Die week in die nuus – 7 Feb 2018
Vandag se Vaalweekblad is op straat en hier is 'n opsomming van die week se belangrikste nuus. Koop jou eksemplaar vandag by jou naaste straatverkoper of kafee teen R5-80

Retha Fitchat
* Kyk na die voorbladfoto. Kan dit waar wees dat ‘n man met net ‘n sny aan sy oor en ken uit dié wrak gekom het?
* Kabeldiewe lê toenemend die Vaaldriehoek se nywerheidsgebiede lam. Dit is niks ander nie as sabotasie, sê ‘n bekende sakeman van die gebied. Die misdadigers behoort dus met mening vervolg te word en vonnisse vir sabotasie te kry. Kabeldiefstal kan selfs daartoe lei dat kleiner nywerhede in die Vaal sal moet sluit en baie mense hul werk gaan verloor.
* ArcelorMittal announces it’s 2017 financial results and reveal that steel consumption is at its lowest level since 2010.
* Vuisgeveg by Transvalia: Optrede teen betrokke leerlinge en aanhitsers. (In die ou dae het vuisgevegte ook gereeld by laer- en hoërskole voorgekom. Toe het ons gedink dit is ‘n normale deel van grootword. In baie gevalle het die “boksers” beste vriende geword nadat hulle die probleem onder mekaar uitgesorteer het. Tye verander né).
* Nog hofsake is op pad vir HS Overvaal. En ‘n Vanderbijlparkse skool, wat ‘n paar jaar gelede van ‘n Afrikaanse laerskool na ‘n Engelse hoërskool verander het om voorsiening te maak vir kinders wat in Engels onderrig wil word, moet blykbaar sluit – na bewering weens wanbestuur. Die leerlinge gaan elders in ander skole gehelp word).
Onthou om deel te neem aan Vaalweekblad se gewilde blokraaiwedstryd. R1000 kontant en ander pryse met ‘n totale waarde van meer as R3000 is op die spel!
Sport: Pragvertonings by die Sasol Marathon.
Swaargewig-bokser Ruann “The Giant King” Visser van Meyerton kom te staan teen Osbourne Machimane vir ‘n geveg om die titel as SA se swaargewigkampioen.
Hierdie berigte en veel meer in vandag se uitgawe!



