LifestyleLocal newsNews

‘Gap-jaar’ kan oplossings bied aan skoolverlaters

Sandri Gouws van Sandri’s Work and Placement Agency in die Vaaldriehoek, gee haar mening oor 'n oorbruggingsjaar, ook genoem 'n "gap year" vir skoolverlaters:

 

Met pres. Jacob Zuma se aankondiging van gratis tersiêre onderrig, het die jaar nie goed begin vir ons onderwysstelsel nie.

Dit gaan ‘n lang, uitgerekte proses wees waar studente onderrigtyd gaan verloor.

Toetse en eksamens sal geherskeduleer moet word en boonop gaan daar weer ‘n dispuut wees oor uitslae. Die belangrikste van alles is jou kind se veiligheid.

Die vraag is: is ‘n oorbruggingsjaar (of gap-jaar) nie dalk die antwoord nie? As jy navorsing doen oor die baie programme wat oorsee aangebied word, kom jy agter hoeveel voordele so ‘n gap-jaar kan inhou.

Studente ontmoet baie mense van verskillende kulture en leer ook die tradisies, taal, gewoontes en kultuur aan van die gemeenskap waarin hulle geplaas word.

Hulle leer ook die verskille tussen die Suid-Afrikaanse kultuur en die gemeenskap waar hulle woon. Hulle doen verskillende soorte werk en so leer hulle nuwe vaardighede aan en maak optimaal van elke geleenthede gebruik. Studente leer ook vaardighede aan wat hulle nie op skool of universiteite sou geleer het nie.

Dink so daaraan: dit is ‘n ekstra jaar van opvoeding wat hulle die res van hul lewe gaan gebruik.

Navorsing toon dat hierdie georganiseerde programme oorsee die student selfstandigheid leer en in hierdie nuwe omstandighede ontdek die student dikwels wat hy of sy regtig wil studeer.

Dit spaar ouers honderde duisende rand as ‘n student nie regtig seker was wat hy of sy wou studeer nie en kort-kort van kursusse moet verander, en selfs aan die einde van hul studies erken dit was steeds nie regtig die rigting waarin hulle wou studeer nie.

Wanneer hierdie oorbruggingsjaar tot ‘n einde kom en hulle kry wel toelating tot ‘n universiteit, is hulle baie meer gemotiveerd om ‘n sukses van hul studies te maak.

Studente wat na ‘n gap-jaar begin studeer is meer volwasse, gefokus en gemotiveerd om die beste van hul studies te maak, want hulle studeer nie vir ander se goedkeuring nie, maar omdat hulle ‘n sukses van hul lewens wil maak en dan reeds weet watter beroep hulle regtig wil volg.

Dalk, tydens hul gap-jaar, besef party jongmense om nie universiteit toe te gaan nie maar liewer ‘n ambag te doen omdat hulle daarvan hou om met hul hande te werk.

Tydens die gap-jaar kan die student vaardighede aanleer wat hy of sy nie voorheen gehad het nie. ‘n Gap-jaar op jou CV en ook tydens onderhoude gee ‘n jong werksoeker klaar ‘n voorsprong.

Daar is verskeie opsies waaruit jongmense vir hul gap-jaar kan kies. Au pair-werk is in feitlik elke land beskikbaar. Om onderwys in Engels te onderrig is ook baie gesog.

Dan is daar ook nog seisoenale plaaswerk, hotelwerk, verskillende posisies op skepe, winterwerk en toere in die VSA, werk by reisende pretparke en stroopwerk in Amerika.

In sommige gevalle betaal die organisasie selfs jou vliegkaartjie. ‘n Gap-jaar hou groot voordele in.

Miskien is ons onderrigstelsel teen volgende jaar uitgesorteer. Oorweeg intussen ‘n gap-jaar. Dit is beslis ‘n langtermynbelegging in enige jongmens se toekoms.

* Vir nadere besonderhede skakel of WhatsApp Sandri Gouws  082 3324 393.

Goenie en Sandri Gouws van Sandri’s Work and Placement Agency help jongmense om werk te kry vir ‘n oorbruggingsjaar waartydens hulle geld kan verdien en ook verskeie lewensvaardighede aanleer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button