EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Sien Refentse by NG Driehoek se basaar

Trek solank 'n kring om 24 Februarie op jou kalender en maak seker jy loop dié pret nie mis nie!

 
VANDERBIJLPARK. – ‘n Ware fees wag op 24 Februarie by die NG Driehoek-gemeente wanneer die jaarlikse basaar gehou word. Die feestelikhede gaan reeds die oggend om 09:00 begin en heeldag duur. Gesinne kan heerlike eetgoed geniet en die kinders gaan ook groot pret hê wanneer die gesiggies ingekleur word en prettige aktiwiteite plaasvind.

As jy hou van pannekoek, sommer net wil sit en koffie drink of wil kom snuffel deur ‘n wye verskeidenheid boeke wat te koop sal wees, of ‘n winskoop by die wit-olifanttafel wil raakloop, kom maak gerus ‘n draai. Daar gaan baie wees om te sien en te geniet. Die hele gesin kan ook kom saamkuier tydens ‘n vertoning van Refentse, wat om 19:30 begin. Kerrie en rys sal weer voor die vertoning vanaf 18:00 te koop wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button