Local newsNewsNews

Bakkie bestuurder moontlik onskuldig na ongeluk – CCTV Video

Bakkie bestuurder moontlik onskuldig na ongeluk - CCTV Video

VANDERBIJLPARK. – CCTV beeldmateriaal van die ongeluk  bevestig dat die bestuurder van die bakkie, wat erg deurgeloop het op sosiale media, waarskynlik nie skuldig is nie.

Die ongeluk het plaasgevind op Woensdag 14 Februarie op Valentynsdag ongeveer 06:00 voor die Isak Steyl Stadion. Uit die video beeldmateriaal blyk dit duidelik dat die 69 jarige dame nie gestop het by die stopteken waar daar geen strepe was nie. Sy het voor die bakkie ingedraai. Sy is op die toneel behandel en later in die hospitaal oorlede. Nuwe strepe is later die middag by die stopteken aangebring.

Op hierdie en ander beeldmateriaal wys dat twee polisie voertuie verby die ongelukstoneel gery het en geen hulp aangebied het nie. Daar het wel ‘n verkeersbeampte wat in sy privaat voertuig gery het, en wat ‘n ent agter die dame by die stopstraat was, by die toneel gestop en gehelp het.

Oordeel self en kyk die kort video:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button