Dié week in die nuus – 28 Februarie 2018
Vandag se Vaalweekblad is op straat! Koop jou eksemplaar vandag by jou naaste straatverkoper of kafee teen R5-80 Hoofnuus in dié uitgawe sluit in:

* Ontmoet Suid-Afrika se nuwe swaargewig-bokskampioen – ‘n volbloed Valie!
* Die Goue Driehoek Sakekamer gaan die Top 100 sakeondernemings in Emfuleni wat geld op hul water- en kragrekenings skuld, bystaan.
* ‘n Toeris uit Nelspruit ly R80 000 skade toe sy voertuig ‘n slaggat in die Vaaldriehoek tref.
* Hengelaars vang ‘n krokodil in die Vaalrivier!
* ‘n Vaaldriehoekse man kry ‘n boete van R20 000 of twee jaar tronkstraf weens wreedheid teenoor diere. (Kry vir jou!).
* ‘n Jong pa van Vanderbijlpark hoop steeds moedig op genesing maar kanse lyk groot dat sy voet geamputeer sal moet word nadat hy ‘n vretende infeksie in ‘n plaaslike dam opgedoen het.
* Kyk hoe lyk Toyota se splinternuwe Yaris!
* Ouers wie se Graad Eentjies vir Vaalweekblad se groot jaarlikse wedstryd ingeskryf is, kry ‘n ekstra stembriefie in dié uitgawe om hul kleingoed se wenkanse te verbeter.
* Die wenners van die Januarie-blokraaiwedstryd word in dié uitgawe bekendgemaak. Neem gerus ook deel aan die nuwe blokraaiwedstryd in vandag se uitgawe – dalk is JY die volgende wenner van R1000 of ander groot pryse!
* Die sportblaaie is propvol boks- en rugbynuus sowel as lieflike aksiefoto’s.
Koop jou Vaalweekblad vandag teen slegs R5-80. ‘n Lekkerlees pakkie propvol nuus.



