NewsNews

Grootste Afrikaanse radiostasie in SA word 20 Julie geloods

Nege gemeenskapsradiodienste gaan van môre af hulle kragte saamsnoer om die grootste Afrikaanse gemeenskapsradio, met ‘n reikwydte wat oor vyf provinsies strek, in Pretoria bekend te stel.

Nege gemeenskapsradiodienste gaan van môre af hulle kragte saamsnoer om die grootste Afrikaanse gemeenskapsradio, met ‘n reikwydte wat oor vyf provinsies strek, in Pretoria bekend te stel.
Die nege gemeenskapsradiostasies se uitsaaigebiede strek oor die grootste deel van Gauteng, Limpopo, Noordwes, Mpumalanga en die Noorde van Kwazulu-Natal en bereik nagenoeg twee miljoen Afrikaanssprekendes.

 

Die stasies, Radio Drakensberg, Radio Dagbreek, Radio Magaliesberg, Radio Tafelkop, Radio Naboom, Radio Kransberg, Radio Ysterberg, Radio Wolkberg en Radio Pretoria sal vanaf Maandag 20 Julie 2015 onder een nuwe handelsnaam uitsaai en sodoende die grootste Afrikaanse Gemeenskapsradiodiens in Suid-Afrika daarstel.

 

Die nuwe gemeenskapsdiens saai ook wêreldwyd op die internet en deur middel van ‘n slimfoon toepassing uit en sal ook deel uitmaak van DStv se oudio bundel wat in Suidelike-Afrika deur DStv intekenaars gehoor kan word.

 

Die bekendstelling van die radiodiens sal tydens ‘n glansgeleentheid op Maandag 20 Julie 2015, om 12:00 in die Atterbury Teater Lynnwood Bridge, Pretoria, plaasvind waartydens die naam van die nuwe diens bekendgestel gaan word.

 

Radio Pretoria se uitsaailisensie vir die groter Pretoria omgewing is pas vir ‘n verdere tydperk van vyf jaar deur die Onafhanklike Kommunikasie Owerheid van Suid-Afrika (ICASA) verleng, terwyl die agt filiaalstasies op 29 April vanjaar van ICASA verneem het dat hulle vir die eerste maal sedert hulle oprigting met permanente lisensies uitgereik is:

 

  • In Kwazulu-Natal bedien Radio Drakensberg, Newcastle en omstreke.
  • In Mpumalanga en die Oostelike dele van Gauteng bedien Radio Dagbreek groot dele van die Hoëveld, die Oos-Rand en dele van die Vaaldriehoek.
  • In die Noordwes provinsie strek Radio Tafelkop se opvangsgebied oor die Koster, Derby, Magaliesburg en Swartruggens omgewing, tot sover as Lichtenburg terwyl Radio Magaliesberg Brits, Rustenburg en die westelike gedeeltes van Pretoria bedien.
  • Radio Kransberg bedien Thabazimbi en die grootste gedeelte van die Waterberg Distrik terwyl Radio Ysterberg en Radio Wolkberg die Noord Oostelike gedeeltes van die Limpopo Provinsie rondom Pietersburg (Polokwane), Tzaneen, Potgietersrus (Mokopane) en sover noord as Louis Trichardt bedien.  Radio Naboom saai uit in die omgewing van Naboomspruit (Mookgopong).

·         Die bekendste van die stasies, Radio Pretoria saai in die noordelike gedeeltes van Gauteng en omringende dorpe soos Warmbad (Bela-Bela), Witbank, Springs, Nigel en Kempton Park uit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button