Hoofnuus in Vaalweekblad dié week (7 Maart 2018)
Vandag se Vaalweekblad is op straat! Koop jou eksemplaar vandag by jou naaste straatverkoper of kafee teen R5-80. Jou aankoop van Vaalweekblad stel MooiVaal Media in staat om daaglikse GRATIS nuus op Vaalweekblad en Sedibeng Ster se webtuistes en Facebook te plaas. Ons het groot waardering vir ons lesers se ondersteuning!

Retha Fitchat
* Die Parys- en Vredefort-gebied rou oor nog ‘n boer, mnr. Dirk Steenkamp van die plaas Tempe, wat tydens ‘n plaasaanval vermoor is. Hy word more (Donderdag 8 Maart – wat sy 72ste verjaardag sou wees) begrawe.
* Die Vaaldriehoek verloor een van sy talentvolle onderwysers weens breinkanker.
* Emfuleni se burgemeester stel “top cop” George Fivaz aan om korrupsie in die munisipaliteit te help uitroei.
* Tekens van Listeriose is in ‘n Sasolburgse fabriek gevind.
* ‘n 58-jarige vrou van Deneysville is verkrag en erg verniel deur ‘n rower.
* ‘n Dief probeer Sasolburg se munisipale grasperk steel!
* Groot marakkas toe karwagte in Meyerton gearresteer word.
* CTU (Vereenigingkampus) se jongklomp samel meer as 1000 liter water in vir die Kapenaars.
* Fotoblad: Daar was die afgelope naweek hope aksie by Ultimate Raceway in die eerste ronde van die 2018 Rolling Thunder Tour.
* Lees gerus ook ons algemene SMS-rubrieke of as jy op soek is na ‘n werk of ‘n spesiale maat. Onthou ook om deel te neem aan die gewilde blokkiesraaisel en staan ‘n kans om meer as R3000 se pryse te wen!
* Moet huislose diere uitgesit word of aan die lewe gehou word al wil niemand hulle hê nie? Baie mense sê sulke diere is net ‘n las op die samelewing en dat hul lyding nie onnodig verleng moet word nie. Hoe voel ons lesers hieroor? Lees wat sê Lindie Lourens van PurrPaws for Life hiervan by https://vaalweekblad.com/29639/give-given-humanity/
SPORT:
* Die atlete van Sasolburg het die afgelope naweek op die DP de Villiers-stadion baie goed by die Vrystaat Atletiekkampioenskap presteer. Nicole Louw van die Sasolburg Hoërskool het drie goue medaljes in die 800m, 1 500m en 3 000 m vir d.o/17 losgehardloop. Sy het voorts die Vrystaat-rekord in die 1 500m en 3 000m opgestel.
* Die Laerskool Risiville in Vereeniging spog met ‘n groot groep atlete wat pas aan die Gauteng Kampioenskap deelgeneem het.
* Die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark het onlangs 15 goue, 11 silwer en 14 bronsmedaljes tydens die NWU Super Interskole atletiek se Goud -en Silwerbyeenkoms verwerf.
Dié berigte en veel meer in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad.



