Volgens lt.kol Moatshe Ngoepe is ‘n man en vrou na bewering vroeër die dag deur onbekende verdagtes ontvoer. Die man en vrou is in hul Toyota Tazz se kattebak gedwing en na ‘n afgeleë gebied in die Mitiyani-nedersetting geneem.
Hulle is noodlottig beseer en hul voertuig aan die brand gesteek. Hulle is onherkenbaar verbrand.
‘n Paar meter van die toneel het die polisie ‘n derde lyk gevind van ‘n man wat geskiet is.
Die motief van die voorval is egter nog onbekend, maar die polisie werk onverpoos om die skuldiges vas te trek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



