CommunityLocal newsNews

Trok verloor vrag bierbottels op snelweg

Geen bierplesier toe bottels breek

 

Lede van die publiek wat Saterdag, 3 Maart, gretig nader gestaan het in die hoop om ‘n paar gratis biere te kry, moes teleurgesteld omdraai toe hulle sien die honderde bierbottels wat op die R59-snelweg beland het, is leeg. Die R59 naby die Boy Louwbrug was besaai met bierbottels en glasstukke nadat ‘n trok van Mpumalanga, onderweg na Johannesburg, sy vrag leë bottels verloor het. Gelukkig is niemand beseer nie, maar die pad was vir ‘n geruime tyd gesluit sodat opruimingswerk gedoen kon word. Foto’s: Chris Smuts

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button