Local newsNewsNews

Goeie reën dalk vandag verwag

Goeie reën dalk vandag verwag

Sondag 18 Maart 2018

KORT OORSIG VAN VANDAG SE WEERSTOESTANDE

Die koue front is nou deur en beweeg verder oos en die koel temperature van gister oor die oostelike binneland het merendeels herstel. Tropiese vog het laat gistermiddag uit noord-oostelike Namibië begin in beweeg, met redelike gunstige bolug toestande oor die sentraal binneland kan donderstorms vanmiddag ontwikkel in Noord-Wes provinsie en Noord Vrystaat en verder oos uitbrei deur die loop van die dag. Noord-oos en suid-wes van hierdie band sal droog wees. Oggend donderbuie kan vanoggend voorkom in die suid-ooste van die land en ligte reën vanaand in die Overberg.

Eliakim is tans ń tropiese depressie en nog oor die binneland van Madagaskar. Dit beweeg stadig suid-suid oos en die huidige weer model dui aan ń trajek terug Indiese oseaan toe waar die warm water weereens die stelsel sal versterk.

WAARSKUWINGS:
1. Hoë brandgevaar met die moontlikheid van weghol veldbrande word verwag in die binneland van Noord Kaap.

WEERWAAK:
Nul

SPESIALE WEER ADVIES:
Nul

1. GAUTENG:
Bewolk en koel, dit word later gedeeltelik bewolk met enkele donderbuie in die suide.

2. MPUMALANGA:
Bewolk aanvanklik met oggend miskolle oor die platorand, andersins gedeeltelik bewolk en warm met enkele donderbuie in die weste en hoogliggende gebiede.

3. LIMPOPO:
Bewolk aanvanklik met miskolle, andersins gedeeltelik bewolk en warm.

4. NOORD WES PROVINSIE:
Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele buie en donderbuie maar verspreid in die weste.

5. VRYSTAAT:
Bewolk tot gedeeltelik bewolk en koel tot warm met enkele buie en donderbuie.

6. NOORD KAAP:
Mooi weer en warm tot baie warm maar gedeeltelik bewolk in die ooste met enkele donderbuie maar verspreid in die noord-ooste. Die wind langs die kus sal fris suid tot suid-wes waai.

7. WES KAAP:
Gedeeltelik bewolk in die ooste, andersins mooi weer en warm maar baie warm in die westelike binneland. Die wind langs die kus sal lig oostelik waai langs die suid kus vanoggend maar draai suide tot suid-wes later.

8. WESTELIKE HELFTE VAN OOS KAAP:
Bewolk in die binneland aanvanklik, andersins gedeeltelik bewolk en warm. Die wind langs die kus sal matig tot fris noord-oos tot oos waai, dit draai suid-wes in die weste laatmiddag.

9. OOSTELIKE HELFTE VAN OOS KAAP:
Bewolk en koel met buie aanvanklik, andersins gedeeltelik bewolk. Die wind langs die kus sal fris tot sterk noord-oos waai.

10. KWAZULU-NATAL:
Bewolk met oggend miskolle in plekke in die binneland, andersins gedeeltelik bewolk en koel maar warm in die ooste. Enkele buie en donderbuie word verwag in die weste en suide. Die wind langs die kus sal matig suid-oostelik waai in die noorde, andersins matig tot fris noord-oostelik.

11. NAMIBIË:
Sonnig en warm tot bloedig warm in die suide, andersins gedeeltelik bewolk en warm in die sentraal en noordelike binneland met enkele donderbuie. Dit sal gedeeltelik bewolk en matig wees langs die kus.

Met erkenning aan SAWeather Services, eNCA, WXMAPS, MeteoBlue, CustomWeather, Eumetsat, Ventusky, Snow Forecast, AfricaWeather, Naval Research Lab, NOAA Research, Mauritius Meteorological Services en met toestemming van Kobus Botha by Weatherphotos. Uitgereik onderhewig aan Reënval in SA se vrywaringsklousule – met Jan Meyntjes, Jaco Botha, Bertus Stander, Marius Nigrini en Casper Labuschagne

POSTED BY BRIAN LAWRENCE FLEMING

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button