NewsNews

Genugtig – kyk net hoe lyk dit

HENLEY-ON-KLIP. - Inwoners van Gordonstraat in Henley-on-Klip is op moedverloor se vlakte met die alewige probleme met die pad. Met die reën wat die laaste paar weke gereeld uitsak is die pad niks anders as 'n gemors nie.

Die pad, wat eintlik ‘n teerpad is, is gereeld onder water en die slaggate raak net groter.

“Dit is ‘n probleem wat al jare en jare aangaan. Swaar voertuie gebruik daagliks die pad en die geraas en stof wat daarmee gepaard gaan maak ons regtig moedeloos,” sê die inwoners van die straat.

Midvaal Plaaslike Munisipaliteit is egter besig om aan ‘n oplossing te werk.

 

  • Lees meer in Vaalweekblad 28 Maart

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

 
Back to top button