In die nuus dié week – 28 Maart 2018
Vandag se Vaalweekblad is op straat. Koop jou eksemplaar vandag by jou naaste straatverkoper of kafee teen R5-80

Retha Fitchat
Verskeie tragedies het die Vaaldriehoek die afgelope week getref:
* ‘n Jong ma veg om haar lewe in die hospitaal en weet nog nie dat haar baba van 16 maande gesterf het in die botsing waarin syself beseer is nie.
* ‘n Bekende raadslid van Sasolburg sterf in ‘n motorongeluk.
* Twee mense sterf in ‘n vreemde sameloop van omstandighede nadat ‘n kollega vermoedelik sy eie lewe geneem het weens die gevaarlike Blue Whale-speletjie.
* Inwoners dreig om ‘n krag-substasie te “beset” totdat Emfuleni die fout wat ‘n dae lange onderbreking veroorsaak het, te herstel.
* ‘n Pad in Henley-on-Klip het so onbegaanbaar geraak dat inwoners dit nou self gesluit het.
* Kan jy jou dwelmverslaafde kind laat arresteer? Dis nie so eenvoudig nie… SANCA Vaaldriehoek se direkteur verduidelik waarom.
WEDSTRYDE:
* Kyk wie is die Top Tien wenners in Vaalweekblad se jaarlikse Graad 1-wedstryd!
* Vul die weeklikse blokraaisel in en wen R1000 en ander groot pryse ter waarde van meer as R3000!
SPORT:
* Transvalia se eerste rugbyspan laat Garsfontein se Bere les opsê.
* ‘n Groot swemgala met vyf internasionale spanne wag komende week in Sasolburg. Besoekers welkom!
* ‘n 11-jarige gholfspeler van Vanderbijlpark gaan in Skotland speel.
Hierdie berigte en veel meer in dié week se uitgawe van Vaalweekblad.



