Slegs 2 honde per erf in Emfuleni
Groot kommer heers onder diereliefhebbers oor die munisipaliteit se toekomstige magte om honde te konfiskeer en dood te maak

Indien ‘n voorstel vir die verandering aan die munisipale verordering (by law) aanvaar word, gaan inwoners met meer as 2 honde op hul perseel gedwing word om van die res van hul honde ontslae te raak.
Honde-eienaars sal ook moet verseker dat hul honde in hul erf bly, anders gaan die Emfuleni-munisipaliteit die reg hê om honde op straat te konfiskeer en te laat uitsit.
Mnr. Phiilip Nothnagel, raadslid vir Wyk 5 in Emfuleni, raai die publiek aan om deeglik kennis te neem van die voorgestelde veranderinge aan die bywette en voor 30 April beswaar aan te teken indien hulle nie daarmee saamstem nie. Besware kan gestuur word aan modisem@emfuleni.gov.za en Cc dit aan shmokgethi@emfuleni.gov.za.
Kry Vaalweekblad van 18 April, waarin ons volledig oor die veranderinge aan bestaande “bywette” sal berig.
Lees die volle voorstel met betrekking tot die aanhou van diere by hierdie skakel:



