
VANDERBIJLPARK. – Jeugland Tuiste vir Bejaardes lewer reeds sedert 1977 omvattende, professionele versorgingsdienste aan ouer persone.
Selfversorgende, ekonomies onafhanklike bejaardes word ook bykomend geakkommodeer in die Jeugland- en Kiewietsnes-aftree-oorde en satelliethuise.
Jeugland en Kiewietsnes Aftree-Oorde bied onafhanklike behuising in prakties ontwerpte wooneenhede wat wissel van drieslaapkamerhuise tot eenslaapkamer eenhede, asookgesondheidsorg, veiligheid, gemak en ‘n ontspanne omgewing.
Die inwoners in die aftree-oorde betaal ‘n maandelikse heffing en is ook verantwoordelik vir persoonlike water- en elektrisiteitskostes.
Dienste sluit in:
• 24-uur versorging aan 137 ouer persone deur ‘n bekwame personeelkorps van 70 personeellede.
• Huur verblyf aan 21 selfversorgende ouer persone in drie satelliet-woonhuise
• Lewensreg-akkommodasie aan seniors in Jeugland- en Kiewietsnes Aftree-oorde
• Dienssentrum vir seniors in die gemeenskap
• Bus-uitstappies met luukse Marcopolo-bus
• Basiese gesondheidsorgdienste soos die neem van bloeddruk, bloedsuiker en cholesterol. Die tehuis bestaan uit 92 enkelkamers en 9 dubbelkamers.
Die maandelikse tarief vir hierdie versorgingsfasiliteit sluit die volgende in:
• alle etes
• wasgoed
• skoonmaakdienste
• ‘n veilige omgewing asook
• ‘n 24-uur verpleegsorgdiens.
Die tehuis beskik oor ‘n Alzheimer-huis waar 18 dementialyers met groot deernis versorg word.
‘n Alzheimer-adviesdiens aan versorgers in die gemeenskap is ook beskikbaar.
Aktiewe verouderingsprogramme vir alle inwoners sluit onder meer fisiese oefenprogramme, speletjies soos Bingo, kreatiwiteitsgroepe, bidure en kerkdienste, fliekaande, ‘n haarsalon, manikuur- en pedikuurdienste en besoeke van die munisipale biblioteek in.
* Jeugland Tuiste vir Bejaardes is ‘n geregistreerde tak (074-528 NPO) van NG Welsyn Noordwes en Gauteng
Enigeen wat meer wil uitvind, kan (016) 933 3995 of (016) 933 0323 kontak of stuur ‘n faks na (016) 933 3995. Die tehuis se straatadres is Conan Doylestraat 10, Vanderbijlpark.







